'n Maklike Bakpoeier Karringmelkbeskuit Resep (Rusks)


Easy buttermilk rusk recipe with self-raising flour
'n Maklike Bakpoeier Karringmelkbeskuit resep
Hierdie resep het ek van my skoonma gekry - dankie, ma! Ek het twee keer karringmelkbeskuit met dit gebak, maar ek is nie heeltemal gelukkig nie met die resepte vir karringmelkbeskuit wat net bakpoeier gebruik nie (ek is ook nie baie lus vir margarine nie, ek dink dit smaak sleg, maar jy kan vervang met botter), ek verkies resepte wat gis gebruik. Maar al dit is slegs my voorkeur. As jy 'n maklike resep wil gebruik, hierdie resep is vir jou, en ek sien op 'search' dat mense kom na die blog op soek vir 'n vinnige resep.



Vir my man, wat duidelik nie die verskil kan agterkom nie, maak dit nie saak nie of ek hierdie resep gebruik, of die ander een wat langer tyd vat en waar jy moet aktiewe droë gis gebruik nie. Dis net ek wat vol krummels is. Hy hou net van karringmelkbeskuit en kla dat hy hulle veels te min kry. "Ag, Shamepies", as my vriendin Lizette sou sê.

Vir die mense wat nie Afrikaans kan lees nie, "Google translate" kan miskien dit vir jou vertaal. (Except that "full of crumbs" does not - 'Crumbs'! translate well, being an idiomatic expression. Then again, 'Crumbs' doesn't either.) My skoonma is van Namibia/Noord-Kaap af, haar Afrikaans is beslis idiosinkratiese. Hier is die resep in haar eie worde: 

Ma se Karringmelkbeskuit Resep

500 gm margarine in stukkies gesny
650 ml kookwater
2 koppies suiker moenie meer as dit insit nie dan rys jou deeg nie lekker
voeg die klomp bymekaar en roer totdat suiker opgelos is en laat afkoel.

Deeg
3 kg self-verhoogde meel
gelyk teelepel sout
3 eiers
6 effe geronde teelepels bakpoeier 
500 ml karringmelk as jy dit nie kan kry vat gewone melk en voeg net eetlepel asyn by laat staan tot effe dik. 

Nou voeg jy net die hele spul bymekaar en maak maar nat deur om en om met jou hande te werk pasop vir te slap. As my deeg begin kniebaar word vat ek in elke hand so eetlepel margarine en knie verder. Jou hande moet skoon wees as deeg reg is en lekker elasties en hanteerbaar. 


Karringmelkbeskuit 

Maak bolletjies en sit in gesmeerde panne. Sit in vooraf verhitte oond van 180 grade Celsius vir halfuur verminder hitte dan na 160 vir nog halfuur. Gooi uit en laat afkoel. Breek dan in stukke en droog uit in oond van 100 grade met oond deksel effe oop ek sit sommer vuurhoutjie boksie teen kant in. Ruil gereeld van bo na onder todat jy voel dit is droog. Ek skakel oond dan af en los oornag. As jy termofan oond het gaan dit natuurlik vinniger anders in gewone oond so 3 tot 4 ure.

Comments

  1. baie dankie, very happy to get this recipe was looking for easy rusk recipe, will bake and will let you know...sis and I enjoy the "self verhoogde meel", smile..."bruismeel". love you...you are great and congrats with the amazing job. Annelie x

    ReplyDelete

Post a Comment